Tuesday, 29 July 2014

BIDUUR: Woensdag 11 April 2012, gelei deur Ds Donald Gantana




 

 

 

 

"If you don't know where you are going, how can you expect to get there?" - John L. Mason

 

Pinksteroordenking 2014

 

 

 

"If you don't know where you are going, how can you expect to get there?" - John L. Mason

 

Sunday, 14 October 2007

VGK Ring van Caledon Vroue Bedieningkonferensie 14 Oktober 2007

Die Vroue Bediening van die VGK Grabouw was die gas vroue van Ring van Caledon se Konferensie gehou by die VGK Grabouw Kerk te Pineview, Grabouw.

 

Die Votum en Seëngroete is behartig deur Suster Libbie van die Grabouw Kerkraad. Lofsang en aanbidding is begelei deur die VGK Grabouw se Lof en Aanbiddingsgroep.

Die openingsgebed is gedoen deur Juf. M. Haup van die Caledon gemeente.

 

Groete boodskappe is oorgedra deur afgevaardigdes van die volgende gemeentes:

·         Caledon

·         Grabouw

·         Bredasdorp

·         Villiersdorp

·         Groenland

·         Riviersonderend

·         Napier

·         Kleinmond

·         Hawston

·         Gansbaai

·         Ringskomitee

 

’n Blokfluit item is gelewer deur Amy-Lee en Elru.

 

Die preek is gelewer deur Mevrou Edna Pick, eggenote van die bekende Dr. Pick. Edna is ook die suster van Dr. Allen Boesak en haar tema het gegaan oor: “Wie is die Kerk?”  ’n Boek wat uit haar pen kom: “Bybelstudie vir Kinders” is tydens die middagsessie bekendgestel.

 

Alle dank, alle lof en alle eer aan ons Hemelse Vader wat hierdie dag moonlik gemaak het.

 

Groetnis!

 

Keith  E. Dampies

 

 

 

Tuesday, 09 October 2007

Interessante storie van Beeld

Meer nuus by www.Beeld.com

Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2198667,00.html

Gestuur deur:
Boodskap: Kan ons hiermee saamleef? Wat van Jesus se woorde: "Ek is die lig en die waarheid. Niemand kom na die Vader behalwe deur my?

Hemel is nie net vir Christene, sê Tutu

Oct 09 2007 12:44:11:983PM

“As jy dink God gaan vir die Dalai Lama sê hy is ’n goeie mens, maar shame, hy is nie ’n Christen nie en kan nie in die hemel kom nie omdat dit net vir Christene is – twak."

Marelize Barnard


Kaapstad. – Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gister gewaarsku die hemel is nie net vir Christene nie.

Tutu was die gasspreker by die prysuitdeling van die Alliance of Civilizations wat deur die Spaanse ambassade in vennootskap met die Universiteite van Wes-Kaapland en Kaapstad in die Baxter-teater aangebied is.

“Die meeste van ons dink God is ’n Christen . . . As jy dink God gaan vir die Dalai Lama sê hy is ’n goeie mens, maar shame, hy is nie ’n Christen nie en kan nie in die hemel kom nie omdat dit net vir Christene is – twak.

“Ons het gerieflikheidshalwe vergeet Christene het hekse op brandstapels verbrand. Dit was nie heidene wat verantwoordelik was vir die Nazi-volksmoord nie. Dit was Christene,” het Tutu gesê.

Hy het verder gesê so is ook aangevoer apartheid word deur die Bybel gesteun en so ook is die simbool van die Ku Klux Klan ’n kruis.

Tutu het verwys na ’n uitspraak deur mnr. Kofi Annan, vorige sekretaris-generaal van die VN, en gesê dit is nie geloof wat die probleem is nie; dit is die gelowiges. Baie mense is goeie of slegte Christene of Moslems en ’n hele geloofsgroep kan nie gemeet word aan die definisie van een klein entiteit nie.

“God is nie ’n Christen nie . . . Daar is die wonderlikste mense wat ons moet respekteer,” het Tutu gesê.

Mnr. Ramón Gil-Casares, Spaanse ambassadeur, het gesê die Alliance of Civilizations is in 2005 deur die Spaanse president en premier van Turkye voorgestel en kort daarna deur die Verenigde Nasies as ’n inisiatief aanvaar. Die doel daarvan is om gemeenskaplike grond tussen verskillende etniese en godsdienstige groepe te vestig op die grondslag van verdraagsaamheid, begrip en respek vir die fundamentele waardes en geloof van elke groep.

) Intussen loop ’n Rooms-Katolieke universiteit in Amerika erg deur onder kritiek nadat hy ’n uitnodiging aan Tutu om volgende jaar daar te praat teruggetrek het weens sy uitsprake teen Israel, berig Charles Smith uit Washington.

Verskeie studente, organisasies en fakulteitshoofde van die Universiteit van St. Thomas in Minnesota het hulle uitgespreek teen die besluit om die uitnodiging aan Tutu as Nobel-vredespryswenner terug te trek.

Eerw. Dennis Dease, voorsitter van die universiteitsraad, het sy besluit geskoei op ’n uitlating van Tutu in 2002 waarin hy glo Israel se optrede teenoor die Palestyne met Hitler vergelyk het.

Ons Predikant: Ds Donald H Gantana in die nuus

Die volgende artikel verskyn op die amptelike webtuiste van die NGKerk.

 

 

 

Carl Dick oorlede

 

‘n Baanbreker op baie gebiede in die Zulu-konteks, Carl Dick, is op Sondag 6 Mei in Bloemfontein oorlede. Lees hiermee Donald Gantana se baie toepaslike beskrywing en huldeblyk oor hom. Die begrafnis was alreeds Woensdag die 9de Mei in Bloemfontein. Ons meegevoel aan sy gesin en naasbestaandes. Die nuus van die dood van beide Carl en Kobus het hierdie week wyd weerklank gevind in ons vennootskapskerke in Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek en Kwazulu-Natal – waar hulle spore vir altyd sal lê.

 

 

Geplaas op 10 Mei 2007

 

Carl Dick: ‘n Sendingpionier het gegroet!

Bepeins ons die nalatenskap van “Oom Carl,” soos baie hom liefderyk aangespreek het, dink ons onwillekeurig aan ‘n Natanael van ouds van wie Jesus gesê het: “...’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie” Joh.1:48). Oom Carl was onses insiens eerlik oor sy gevoelens, maar sonder om te kwets.

Ons neem as KGA afskeid van ‘n energieke medewerker wat dikwels uitgesproke was oor sy selfverstaan, “’n sendeling.” Hy was ‘n gevolmagtigde gestuurde om, in sy eie woorde, “die Evangelie aan die ongelowiges te verkondig” en “ bekeerlinge toe te rus vir hulle dienswerk in die Kerk en in die wêreld.” Baie toerustingsmateriaal wat uit sy pen gekom het, in Zulu veral, sal die gedenknaalde wees van sy gloeiende ywer in die diens waartoe die Here hom geroep het. Oom Carl het geen medewerker laat wonder oor sy verwagtinge van jou nie. Dit het hom ‘n ongelooflike goeie handhawer van mense-en werkverhoudinge gemaak.

Aan huis het hy jou tuis laat voel en het jy warmte uit sy hart beleef.

Is dit nie merkwaardig dat hierdie pionier sendeling heengaan op Cantate Sondag, ‘n dag in Paastyd waarin die kerk en die Psalm van die dag (Ps.148) ons oproep om te sing nie? Ons reken Oom Carl sou wou hê dat ons lofliedere tot eer van die Here sing op die dag van sy vertrek, en daarna.

Ons wil as KGA (Wes-en Suidkaap) aan almal, in besonder die kinders van oom Carl asook sy familie, wat miskien wens dat sy/haar oog maar ‘n fontein van trane kan wees (Jer.9:1), heenwys na die belofte in die fokusteks van Cantate Sondag, dat die Here beloof om die trane af te droog (Openb.21:4). Mag ons ook bewus bly dat trane afdroog -by Johannes - ook tegelyk salf vir diens beteken! Dit is onvermydelik dat die getuieniswerk waarby oom Carl sy lewe lank betrokke by was, moet voortgaan...

Mag ons almal wat sukkel met die berekening van die gloeiende ywer van ‘n dienskneg van God aan die eenkant teenoor sy lyding wat oor sy lewe geskryf staan, by Paulus in sy rekenkunde klas, wat hy in Fil 1:21 “adverteer,” aanmeld. Oom Carl het geleef vir Christus, mag die vertroostende Heilige Gees ons help met die berekening van die wins van sy heengaan.
DH Gantana
Namens die KGA (Wes-en Suidkaap)

http://www.ngkerk.org.za/nuus_artikel.asp?nid=1372&status=1&sinid=2

 

 

Keith  E. Dampies

Project Manager

KayDee  Projects

Cell  +27 82 5542751

Landline  +27 21 8594676

Fax  086 514 3737

Website:  www.kaydeeprojects.com

Blog 1: http://kdconnect.blogspot.com

Blog 2: http://keithdampies.blogspot.com

"Every  Mistake  Is   An   Opportunity  To   Begin   More  Intelligently."  - Henry Ford. 

 

 

Sunday, 07 October 2007

VGK Grabouw Lof en Aanbidding Braai Funksie

Op Saterdag 6 Oktober het die Lof en Aanbiddingsgroep van die VGK Grabouw Gemeente ’n braai op die kerk gronde gehou om fondse in te samel om nuwe instrumente te koop. Op Foto 1 Toets Andre Cloete of die saak reg is. Op foto 2 wys Dirk Priga hoe roosterkoek gemaak word. Op foto 3  word die jongelinge ingespan. Op foto 4 doen Elsie die verhoog op. Op foto 5 hou Charlotte toesig oor Barties en Dirk. Op foto 6 is die hoender byna gaar, of hoe Andre. Op foto 7 is die kerk gebou. Foto sewe word Ds Donald Gantana geluk gewens deur Kerkraadslid Jan Lucas vir 10 jaar se betrokkendheid van die gemeente.

 

Keith  E. Dampies

Project Manager

KayDee  Projects

Cell  +27 82 5542751

Landline  +27 21 8594676

Fax  086 514 3737

Website:  www.kaydeeprojects.com

Blog 1: http://kdconnect.blogspot.com

Blog 2: http://keithdampies.blogspot.com

"Every  Mistake  Is   An   Opportunity  To   Begin   More  Intelligently."  - Henry Ford.