
Die volgende artikel verskyn op die amptelike webtuiste van die NGKerk.
| Carl Dick oorlede |
| ‘n Baanbreker op baie gebiede in die Zulu-konteks, Carl Dick, is op Sondag 6 Mei in Bloemfontein oorlede. Lees hiermee Donald Gantana se baie toepaslike beskrywing en huldeblyk oor hom. Die begrafnis was alreeds Woensdag die 9de Mei in Bloemfontein. Ons meegevoel aan sy gesin en naasbestaandes. Die nuus van die dood van beide Carl en Kobus het hierdie week wyd weerklank gevind in ons vennootskapskerke in Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek en Kwazulu-Natal – waar hulle spore vir altyd sal lê. |
 | |
Geplaas op 10 Mei 2007 | |
Carl Dick: ‘n Sendingpionier het gegroet! Bepeins ons die nalatenskap van “Oom Carl,” soos baie hom liefderyk aangespreek het, dink ons onwillekeurig aan ‘n Natanael van ouds van wie Jesus gesê het: “...’n Israeliet in wie daar geen bedrog is nie” Joh.1:48). Oom Carl was onses insiens eerlik oor sy gevoelens, maar sonder om te kwets. Ons neem as KGA afskeid van ‘n energieke medewerker wat dikwels uitgesproke was oor sy selfverstaan, “’n sendeling.” Hy was ‘n gevolmagtigde gestuurde om, in sy eie woorde, “die Evangelie aan die ongelowiges te verkondig” en “ bekeerlinge toe te rus vir hulle dienswerk in die Kerk en in die wêreld.” Baie toerustingsmateriaal wat uit sy pen gekom het, in Zulu veral, sal die gedenknaalde wees van sy gloeiende ywer in die diens waartoe die Here hom geroep het. Oom Carl het geen medewerker laat wonder oor sy verwagtinge van jou nie. Dit het hom ‘n ongelooflike goeie handhawer van mense-en werkverhoudinge gemaak. Aan huis het hy jou tuis laat voel en het jy warmte uit sy hart beleef. Is dit nie merkwaardig dat hierdie pionier sendeling heengaan op Cantate Sondag, ‘n dag in Paastyd waarin die kerk en die Psalm van die dag (Ps.148) ons oproep om te sing nie? Ons reken Oom Carl sou wou hê dat ons lofliedere tot eer van die Here sing op die dag van sy vertrek, en daarna. Ons wil as KGA (Wes-en Suidkaap) aan almal, in besonder die kinders van oom Carl asook sy familie, wat miskien wens dat sy/haar oog maar ‘n fontein van trane kan wees (Jer.9:1), heenwys na die belofte in die fokusteks van Cantate Sondag, dat die Here beloof om die trane af te droog (Openb.21:4). Mag ons ook bewus bly dat trane afdroog -by Johannes - ook tegelyk salf vir diens beteken! Dit is onvermydelik dat die getuieniswerk waarby oom Carl sy lewe lank betrokke by was, moet voortgaan... Mag ons almal wat sukkel met die berekening van die gloeiende ywer van ‘n dienskneg van God aan die eenkant teenoor sy lyding wat oor sy lewe geskryf staan, by Paulus in sy rekenkunde klas, wat hy in Fil 1:21 “adverteer,” aanmeld. Oom Carl het geleef vir Christus, mag die vertroostende Heilige Gees ons help met die berekening van die wins van sy heengaan. DH Gantana Namens die KGA (Wes-en Suidkaap) http://www.ngkerk.org.za/nuus_artikel.asp?nid=1372&status=1&sinid=2 |
Keith E. Dampies
Project Manager
KayDee Projects
Cell +27 82 5542751
Landline +27 21 8594676
Fax 086 514 3737
Website: www.kaydeeprojects.com
Blog 1: http://kdconnect.blogspot.com
Blog 2: http://keithdampies.blogspot.com
"Every Mistake Is An Opportunity To Begin More Intelligently." - Henry Ford.
No comments:
Post a Comment