Sunday, 14 October 2007

VGK Ring van Caledon Vroue Bedieningkonferensie 14 Oktober 2007

Die Vroue Bediening van die VGK Grabouw was die gas vroue van Ring van Caledon se Konferensie gehou by die VGK Grabouw Kerk te Pineview, Grabouw.

 

Die Votum en Seëngroete is behartig deur Suster Libbie van die Grabouw Kerkraad. Lofsang en aanbidding is begelei deur die VGK Grabouw se Lof en Aanbiddingsgroep.

Die openingsgebed is gedoen deur Juf. M. Haup van die Caledon gemeente.

 

Groete boodskappe is oorgedra deur afgevaardigdes van die volgende gemeentes:

·         Caledon

·         Grabouw

·         Bredasdorp

·         Villiersdorp

·         Groenland

·         Riviersonderend

·         Napier

·         Kleinmond

·         Hawston

·         Gansbaai

·         Ringskomitee

 

’n Blokfluit item is gelewer deur Amy-Lee en Elru.

 

Die preek is gelewer deur Mevrou Edna Pick, eggenote van die bekende Dr. Pick. Edna is ook die suster van Dr. Allen Boesak en haar tema het gegaan oor: “Wie is die Kerk?”  ’n Boek wat uit haar pen kom: “Bybelstudie vir Kinders” is tydens die middagsessie bekendgestel.

 

Alle dank, alle lof en alle eer aan ons Hemelse Vader wat hierdie dag moonlik gemaak het.

 

Groetnis!

 

Keith  E. Dampies

 

 

 

No comments: