Tuesday, 09 October 2007

Interessante storie van Beeld

Meer nuus by www.Beeld.com

Lees die storie by:
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2198667,00.html

Gestuur deur:
Boodskap: Kan ons hiermee saamleef? Wat van Jesus se woorde: "Ek is die lig en die waarheid. Niemand kom na die Vader behalwe deur my?

Hemel is nie net vir Christene, sê Tutu

Oct 09 2007 12:44:11:983PM

“As jy dink God gaan vir die Dalai Lama sê hy is ’n goeie mens, maar shame, hy is nie ’n Christen nie en kan nie in die hemel kom nie omdat dit net vir Christene is – twak."

Marelize Barnard


Kaapstad. – Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu het gister gewaarsku die hemel is nie net vir Christene nie.

Tutu was die gasspreker by die prysuitdeling van die Alliance of Civilizations wat deur die Spaanse ambassade in vennootskap met die Universiteite van Wes-Kaapland en Kaapstad in die Baxter-teater aangebied is.

“Die meeste van ons dink God is ’n Christen . . . As jy dink God gaan vir die Dalai Lama sê hy is ’n goeie mens, maar shame, hy is nie ’n Christen nie en kan nie in die hemel kom nie omdat dit net vir Christene is – twak.

“Ons het gerieflikheidshalwe vergeet Christene het hekse op brandstapels verbrand. Dit was nie heidene wat verantwoordelik was vir die Nazi-volksmoord nie. Dit was Christene,” het Tutu gesê.

Hy het verder gesê so is ook aangevoer apartheid word deur die Bybel gesteun en so ook is die simbool van die Ku Klux Klan ’n kruis.

Tutu het verwys na ’n uitspraak deur mnr. Kofi Annan, vorige sekretaris-generaal van die VN, en gesê dit is nie geloof wat die probleem is nie; dit is die gelowiges. Baie mense is goeie of slegte Christene of Moslems en ’n hele geloofsgroep kan nie gemeet word aan die definisie van een klein entiteit nie.

“God is nie ’n Christen nie . . . Daar is die wonderlikste mense wat ons moet respekteer,” het Tutu gesê.

Mnr. Ramón Gil-Casares, Spaanse ambassadeur, het gesê die Alliance of Civilizations is in 2005 deur die Spaanse president en premier van Turkye voorgestel en kort daarna deur die Verenigde Nasies as ’n inisiatief aanvaar. Die doel daarvan is om gemeenskaplike grond tussen verskillende etniese en godsdienstige groepe te vestig op die grondslag van verdraagsaamheid, begrip en respek vir die fundamentele waardes en geloof van elke groep.

) Intussen loop ’n Rooms-Katolieke universiteit in Amerika erg deur onder kritiek nadat hy ’n uitnodiging aan Tutu om volgende jaar daar te praat teruggetrek het weens sy uitsprake teen Israel, berig Charles Smith uit Washington.

Verskeie studente, organisasies en fakulteitshoofde van die Universiteit van St. Thomas in Minnesota het hulle uitgespreek teen die besluit om die uitnodiging aan Tutu as Nobel-vredespryswenner terug te trek.

Eerw. Dennis Dease, voorsitter van die universiteitsraad, het sy besluit geskoei op ’n uitlating van Tutu in 2002 waarin hy glo Israel se optrede teenoor die Palestyne met Hitler vergelyk het.

No comments: